KOFFIE BRAAISOUS
- Marianne Jacoby
- Mar 5, 2016
- 1 min read

Hierdie braaisous kan gebruik word as 'n marinade of gewone sous vir hoender, bees of vark.
1 ui, gekap 2 e olyfolie 1 k tamatiesous ½ k asyn of sterk swart koffie ½ k bruinsuiker 1 knoffelhuisie, gekap ½ k gekapte pikantrissies 2 e mosterd 2 t gedroogte fyn rissies
METODE: Braai uie in die olyfolie tot ligbruin. Voeg die res van die bestanddele by. Laat die sous ongeveer 10 - 15 minute prut. Wag tot die sous effens afgekoel het en verwerk dan tot fyn. Hierdie sous kan 2 - 3 weke in jou yskas hou.
Comments