Leef verantwoordelik
- Koppie troos - Driekie Grobler
- Mar 5, 2016
- 1 min read

So baie keer wil ons vir ander vertel wat en hoe hulle dinge moet doen. Gewoonlik dinge waarmee ons self in ons lewe worstel, of sukkel om te oorkom.
Ons weet so goed wat om te doen, maar sukkel om die “praat” self te “stap”.
Dit is nodig om eers te sorg dat jou eie huis in orde is voordat jy ander kan voorskryf en raad gee oor hulle doen en late.
1 Korintiërs 10:22 “Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.”
“Here, vergewe ons, ons eiewysheid. Dankie vir U handleiding wat ons telkens die regte koers aandui. Amen.”
Comments