Yskastert - Peppermint Crisp Kaaskoek
- Marianne Jacoby
- Mar 5, 2016
- 2 min read

1 Pakkie 250gr Roomkaas by kamer temperatuur. Nie so belangrik as jy die Kenwood gebruik nie want hy sal dit sag kry. 1 Blikkie Caramel Treat (Moenie die blikkie weggooi nie) 1 Blikkie Double Cream Greek Yoghurt 1 Pakkie Tennis Beskuitjies (Jy kan enige krummelkors maak - ek was lui) 1 Pakkie Moirs Heritage Range Peppermint Crisp Tart Flavour 1 Blok Peppermint Crisp (Sit in vrieskas want dan breek dit makliker op) My glasbak het 9 koekies gevat, 3 in 'n ry. Instant Pudding Eerste gooi ek die roomkaas en Caramel Treat in die mengbak en laat die Kenwood loop op Spoed 1 vir so 5 minute. Nou stop ek die masjien en krap die mengsel mooi los van die kante af en uit die whisk uit en roer dit in die mengbak met a groot lepel. Terug in die masjien op Spoed 1 vir nog 3 minute. Nou is die roomkaas en caramel lekker glad en sag. Pak solank jou kors in die bak. Peppermint Crisp tert in die bak Volgende gooi ek die Caramel blikkie vol met die Yogurt en gooi dit by die roomkaas mengsel. Weer laat ek die masjien loop vir 5 minute op die stadige spoed en stop. Krap weer die mengsel goed op 'n hoop met my lepel en laat die masjien weer loop vir 3 minute. Nou het ek 'n lekker gladde mengsel van roomkaas, caramel en yogurt. Nou gooi ek die pakkie Moirs Instant Pudding by en whisk op medium spoed net vir 2 minute. Skep dit op die kors en maak mooi gelyk. Nou verbrokkel ek die Peppermint Crisp en strooi bo-op die tert. Ek gebruik die agterkant van 'n lepel om dit so bietjie in die vulsel in te druk want die vulsel stol baie vinnig. In die yskas vir sowat een uur en dan kan jy wegval. Die tert is lekker en die yogurt keer dat dit te soet is.
Comments