BASIESE BOLOGNAISE
- Voelgoed
- Mar 5, 2016
- 1 min read

Makliker kos kry jy nie. As jy vanaand nie lus is vir lank staan voor die stoof nie, slaan sommer hierdie vinnige bolognaise aanmekaar.
Genoeg vir 8
Tyd: 25 minute
BESTANDDELE: olyf- of avokado-olie, om te braai 3 uie, fyngekap 8 knoffelhuisies, fyngemaak 1 kg beesmaalvleis 4 x 410 g blikke gekapte tamaties of tamatiepuree 125 ml blatjang hand vol pietersielie, gekap
METODE: 1. Verhit ’n bietjie olie oor matige hitte en soteer die uie en knoffel. Geur en hou eenkant. 2. Verhit nog ’n bietjie olie en braai die maalvleis ongeveer 8 minute tot bruin. Geur. Plaas uie terug in die pan, saam met die tamaties en blatjang, en laat kook ongeveer 5-10 minute tot effens verdik. Meng pietersielie by.
2 Opdienwenke: 1. Sit voor met spaghetti, gebakte aartappels of op roosterbrood. Bedek met kapokaartappels vir ’n herderspastei. Plaas ’n laag eiervrugskywe bo-op en giet ’n witsous oor vir ’n maklike moesaka.
2. Gebruik in lasagne of snackwiches.
Comments