Gekrummelde Varktjop
- The Rainbow Team
- Mar 5, 2016
- 1 min read

15 ml (1 e) melk 2 eiers sout en vars gemaalde peper na smaak 4-6 varktjops, afhangend van die grootte 125 ml (½ k) meel 100 g (½ pakkie) broodkrummels olie vir braai
Klits die melk en die eiers saam en geur met sout en peper.
Bedek die varktjops met die meel en skud die oortollige meel af. Doop die varktjops dan in die eier-en-melkmengsel, en bedek met krummels.
Plaas op ’n bord en hou in die yskas vir minstens 15 minute.
Giet olie in ’n groot pan. Verhit tot warm. Plaas die tjops een vir een in die olie en braai oor matige hitte tot goudbruin aan albei kante en deurgaar.
Verwyder die tjops van die olie en dreineer op kombuispapier/handdoekrol.
Sit voor saam met groen boontjies, soet wortels en griekse slaai.
Comments