JURIE SE VEGETARIESE FRIKADELLE
- RSG
- Mar 5, 2016
- 1 min read

Bestanddele 3 aartappels, gerasper 3 murgpampoentjies, gerasper halwe koppie heel mieliepitte 45 ml meelblom 1 teelepel bakpoeier 2 ml neutmuskaat sout en peper 1 teelepel gemmerpoeier
METODE Neem 'n kaasdoek, en druk die sap uit die aartappels en murgpampoentjies. Voeg die res van die bestanddele by. Skep met eetlepel in olie in pan. Braai alkante vinnig bruin. Bak verder in oond teen 180 grade vir 12 minute. Gebruik dit in 'n hamburger.
Comentarios