TANT STIENIE SE MINCE PIES
- Resepte en Wenke
- Mar 5, 2016
- 1 min read

Bestanddele 200 g maalvleis 1 koppie koekmeel 2 teelepels bakpoeier 1 teelepel braaivleisspeserye ½ koppie olie 1 koppie volroom melk 2 eiers kolwyntjie pan
METODE Berei die maalvleis voor volgens jou smaak. (Kerrie of savoury) Meng droë bestanddele. Klits eiers, melk en olie saam. Voeg by droë bestanddele. Die beslag moet dikker as 'n pannekoek beslag wees. Smeer die kolwyntjie pan. Voeg 1 desert lepel deeg onderin. Plaas 1 desert lepel maalvleis bo-op. Bedek met deeg. Bak teen 180 grade vir 15 minute.
Commentaires