✞ ✞ ✞ WAAR IS HY HEEN ✞ ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Mar 6, 2016
- 2 min read
. “…maak jou klaar om jou God te ontmoet… Amos 4: 12 . Die skokkende nuus het soos pyle deur die gange en sale van die paleis gevlieg: Die koning is dood! Hy is dood in sy bed gevind… . “Waar is hy heen?” vra een van die koning se slimste raadgewers. . “Seker hemel toe,” antwoord die ander. . “Nee,” sê die eerste man ernstig, “ek dink nie so nie. Ek dien die koning al jare lank. Ek het baie saam met hom, oral heen, op sy togte saamgereis. Hy was lief om te reis en hy het altyd uitvoerig vir sy togte voorberei en daaroor gepraat. Ek het hom nooit oor die hemel hoor praat nie. Dit is ’n bestemming waaroor hy nooit navraag gedoen het en ‘n reis waarvoor hy nooit voorsiening gemaak het nie.” . Jesus het ons gewaarsku: “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min” Mat.7: 13 & 14 . Hoekom was dit vir die Seun van God nodig om met so ’n diep vernedering aarde toe te kom en met soveel lyding te sterf? Jesus gee die antwoord aan die wat beswaar gemaak het omdat Hy die tollenaar, Saggeus, gered het: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom ...Die Seun van die mens het…gekom om te soek en te red wat verlore is” Luk.19: 9 & 10 . Jesus het na ons, as mense, toe gekom om ons van die ewige dood te red. Maar in ons alledaagse lewe gaan ons soos die koning by Hom verby. Ons verbeur óns geleentheid om die hemel toe te gaan.
Comments