top of page

GAMMON

  • Adele Filmalter
  • Mar 6, 2016
  • 1 min read

1 gammon 6 biere (hoogstens) mosterdpoeier heel peperkorrels 2 lourierblare naeltjies

VIR DIE GLASEERSEL 1 blikkie (330 ml) bier 2 eetlepels bruinsuiker 2 eetlepels heuning 2 teelepels mosterdpoeier

Metode: 1 Sit die varkboud in ’n groot houer van vlekvrye staal of glas en gooi genoeg water by om die boud te bedek. Laat dit vir minstens ’n uur lê om die sout te tem.

2 Haal die boud uit die water, droog dit af, sit dit in ’n groot kastrol en gooi genoeg bier in om die vleis te bedek. Verhit die kastrol tot kookpunt en laat dit vir ’n kwartier kook. Laat die boud in die bier afkoel.

3 Skep die boud uit die bier en besprinkel dit oraloor met mosterdpoeier. sit die boud op aluminiumfoelie (teen die blink kant), voeg sowat 5 peperkorrels en die lourierblare by, en vou die foelie toe.

4 Sit die boud, vetkant na bo, in ’n oondpan en bak dit vir ’n kwartier per 500 g in ’n oond van 160°C. 5 Haal die boud uit die oond, verwyder die foelie en sny die vetlaag af sodat net ’n dun lagie oorbly. sny ’n diamantpatroon in die oorblywende vet. Druk ’n heel naeltjie in elke tweede diamant. 6 Meng die glaseerselbestanddele en skep die helfte daarvan oor die boud uit. Bak die boud vir 40 minute in ’n oond van 160°C. Bedruip dit deurentyd met glaseersel.

7 Sit die boud in skywe voor met groen groente soos boontjies of broccoli en braai-aartappels.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page