KAAS FRIKADELLE
- Huisgenoot
- Mar 6, 2016
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaaktyd: 20 min.
500 g varkworsies, uit die derm uitgedruk 1 ui, fyn gekap 60 g broodkrummels 10 ml (2 t) Dijonmosterd 15 ml (1 e) vrugteblatjang 5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie pas gemaalde swartpeper 100 g cheddarkaas, in blokkies gesny olie
METODE Meng al die bestanddele behalwe die kaas en olie goed saam en geur met peper. Maak frikkadelle met die mengsel. Neem’n blokkie kaas en druk in elke frikkadel. Maak seker dat die kaasblokkie heeltemal met die maalvleis bedek is. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die frikkadelle tot gaar, of oondbraai 15 minute by 200 °C in die oond tot gaar. Sit voor op kapokaartappel saam met gekoopte Napolitaanse sous.
Comments