top of page

MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS

  • Huisgenoot
  • Mar 6, 2016
  • 2 min read

Genoeg vir 6-8 mense Bereiding: 15 minute Gaarmaaktyd: 50-60 minute

MACARONI EN MAALVLEIS 80 ml (1/3 k) olie 3 uie, gekap 1 knoffelhuisie 1 groen soetrissie, in blokkiesgesny 700 g maer beesmaalvleis 30 ml (2 e) vars origanum sout en peper na smaak 4 tamaties, in skywe gesny 30 ml (2 e) tamatiepasta 125 ml (½ k) bees- of groenteaftreksel 80 ml (1/3 k) rooiwyn 500 g macaroni, gaargemaak

BÉCHAMELSOUS 500 ml (2 k) melk 30 g botter of margarien 30 ml (2 e) koekmeel sout en peper na smaak 500 ml (2 k) gerasperde pecorino- of sterk cheddarkaas 2 eiers, geklits

AFRONDING 100 ml sterk cheddarkaas, gerasper tamaties, gehalveer

METODE Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n oondvaste bak.

MACARONI EN MAALVLEIS Verhit die olie in ’n groot pan en roerbraai die uie, knoffel en soetrissie daarin tot sag.

Voeg die maalvleis by en braai vinnig tot gaar, maar nie bruin nie.

Voeg die origanum en sout en peper by en braai nog 3 minute.

Voeg die tamatieskywe, tamatiepasta, aftreksel en rooiwyn by en laat prut tot die vloeistof met die helfte verminder het.

Meng die gaar macaroni by en hou eenkant.

BÉCHAMELSOUS Verhit die melk effens in ’n mikrogolfoond of ’n kastrol.

Smelt die botter of margarien in ’n ander kastrol, roer die koekmeel by en verhit 1 minuut.

Roer voortdurend. Verwyder van die hitte en roer die warm melk by.

Geur met sout en peper.

Voeg die kaas en geklitste eier by.

AFRONDING Giet die helfte van die macaroni-en-vleismengsel in die voorbereide oondvaste bak, gevolg deur die helfte van die béchamelsous.

Herhaal.

Sprinkel die gerasperde kaas oor, rangskik ’n paar halwe tamaties bo-op en bak 20-25 minute tot goudbruin

Bron:huisgenoot.com

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page