top of page

Morsige Sjokolade-poeding

  • Lekker resepte vir jagters en boere
  • Mar 6, 2016
  • 3 min read

Ek noem dit ‘n sjokolade- poeding, maar dit kan net so maklik koud geëet word soos ‘n morsige sjokolade koek. Die poeding vries ook baie goed. Ek sit altyd ‘n paar blokkies weg in die vrieskas vir ‘n reënerige dag. Twee minute in die mikrogolf op Movie Night en jy’t instant sjokolade bevrediging.

Bestandele

500 ml suiker ( 2 koppies) 500 ml bruismeel ( 2 koppies) OF 500 ml koekmeel en 20 ml bakpoeier ( 4 teelepels ) 2,5 ml sout (1/2 teelepel ) 250 ml botter of margarien ( 1 koppie of 250 g as jy dit eerder wil weeg ) 180 ml water ( 3/4 koppie) 80 ml kakao ( 1/3 koppie) 2 eiers 125 ml karringmelk (1/ 2 koppie ) OF gebruik melk en 1 teelepel asyn 5 ml vanielje ( 1 teelepel ) 2,5 ml kaneel (1/2 teelepel ) 5 ml koeksoda ( 1 teelepel ) Metode

Voor-verhit jou oond tot 180 ° C ( 360 ° F) . Plaas die botter , water en kakao in ‘n kastrol en bring tot kookpunt . Verwyder van die hitte af en laat staan eenkant terwyl jy die res van die konkoksie reg kry. Plaas suiker, meel, sout , kaneel en koeksoda in ‘n groot mengbak . Meng karringmelk , eiers en vanielje in ‘n aparte mengbak. Gooi die kakao mengsel oor die droë bestanddele en meng . Op hierdie punt sal jy nogal ‘n droë mengsel hê. Voeg die karringmelk mengsel by en meng weer deeglik . Jy moet opeindig met ‘n lekker nat beslag. Plaas die mengsel in ‘n groot oondbak . Jy kan enige vierkantige bak / pan gebruik (ten minste 25 cm x 25 cm of 22 cm x 30 cm). Bak vir 30 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom as jy hom in die middel van die poeding indruk. Terwyl jy wag vir die nagereg om te bak, maak jou versiersuiker aan.

Maak die versiersuiker terwyl die poeding bak, want jy moet dit oor die poeding gooi sodra dit uit die oond uit kom.

Bestandele

500 g versiersuiker 250 ml kakao ( 1 koppie) 125 ml botter of margarien (1/2 koppie of 125 g as jy dit eerder wil weeg ) 160 ml karringmelk (2/3 koppie ) OF gebruik melk en 1 teelepel asyn Metode

Smelt die botter in ‘n kastrol. Voeg die versiersuiker en kakao by en roer goed . Voeg die karringmelk by en meng deeglik. Sodra jou poeding uit die oond kom, sny dit in 12 stukke. Gebruik ‘n getande mes, want die poeding is delikaat en warm en jy sal hom vergruisel met ‘n stomp mes. Moet ook nou nie mal gaan en die rofste mes vat wat jy het nie. ‘n Mes wat ‘n tamatie lekker sal sny is perfek. Gooi die warm versiersel dadelik oor. Ek gaan altyd weer oor die “snye” met die mes sodat die versiersuiker lekker in al die gleuwe inloop. Julle, hoe grom my maag nou… Soos ek reeds genoem het, jy kan die poeding warm of koud eet en jy kan dit selfs bedien as ‘n morsige koek. Dit is egter NIE ‘n stand-alone koek nie, so as jy probeer om ‘n perfekte ronde koek met hierdie resep te maak gaan jy jouself lelik vasloop.

Die poeding is klam en lig en hou glad nie sy vorm goed nie. Dis hoekom dit beter is om dit as ‘n poeding as ‘n koek te bedien.

Gooi ‘n bietjie roomys bo-op en elke Jan Rap en sy maat sal bak-hand staan vir die resep.

Toe, probeer dit . En dan vertel jy hoe gek jy is daaroor!

Dit poeding is baie soet, so as jy nie te veel van soet goed hou nie, dis kleiner porsies op met meer roomys, OF gooi minder van die versiersuiker oor.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page