top of page

POLENTA MAALVLEIS-TERT

  • Huisgenoot
  • Mar 6, 2016
  • 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min.

MAALVLEIS 15 ml (1 e) olie 2 uie, gekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 500 g maer beesmaalvleis 50 g tamatiepasta 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander sout en vars gemaalde peper 20 ml (4 t) suiker 1 x 410 g-blik rooi nierboontjies, afgespoel en gedreineer

POLENTA 375 ml (1½ k) polenta 30 ml (2 e) botter sout en vars gemaalde peper

SALSA 2 groot tamaties, in blokkies gesny 1 rooi-ui, gekap 15 g vars pietersielie, grof gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Maalvleis Verhit die olie in ’n vlak kastrol en braai die uie en knoffel tot gekaramelliseer. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Meng die tamatiepasta deur, gevolg deur die tamaties, en verhit tot die mengsel begin prut. Geur met die speserye en suiker. Roer die boontjies deur en hou eenkant.

Polenta Berei die polenta volgens die aanwysings op die verpakking. Roer die botter deur en geur met die sout en peper. Skep ’n derde van die polenta in ’n oondbak en skep die helfte van die maalvleismengsel bo-op. Skep weer ’n laag polenta op die maalvleis, gevolg deur nog ’n laag maalvleis en weer polenta. Bak 15-20 min. of tot deurwarm in die oond.

Salsa Meng die tamaties, ui en pietersielie en sit voor saam met die polentatert.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page