Die noot in my siel
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 8, 2016
- 1 min read

Waar eens ‘n vals deuntjie kon luier
het die wekroep-smeek
van my sielsgenoot in liefdeskuier
die skanse af kom breek.
Skade aan vals akkoorde herstel
om met suiwer smeek-toon
(direk van Bo bestel)
salwingsnote te verkry as loon.
Nou tril daar ‘n suiwer noot deur my wese
wat demp die smeekroep in gebede
bied die lewe weer ‘n nuwe keuse
om uit volle bors te sing
en uit te wis die seer verlede.
©Driekie Grobler
Comments