top of page

KERRIEVIS

  • Marianne Jacoby
  • Mar 8, 2016
  • 2 min read

• 1,5 kg visfilette, vel verwyder • 250 ml (140 g) bruismeel • sonneblomolie vir braai • 3 groot eiers, liggies geklits • 750 ml bruin asyn • 225 ml (280 g) suiker • 10 ml fyn borrie • 50 ml matige of mediumsterk kerriepoeier • 15 ml swartpeperkorrels • 3 groot uie, fyngekap • 6 lourierblare • 40 ml koekmeel

1 Sny die vis in blokkies van 5 cm. Druk die stukkies in die bruismeel sodat dit oraloor bedek is. Verhit ’n dun lagie olie in ’n groot pan oor medium tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, kan jy ’n paar stukkies van die meelbedekte visblokkies in die geklitste eier doop. Laat die oortollige eier afdrup en braai dan die vis vir ’n paar minute aan elke kant in die warm olie tot deurgaar en goudbruin. Dreineer dit op kombuispapier. Herhaal met die res van die visblokkies. Hou dit eenkant.

2 Verhit nou die asyn, suiker, borrie, kerriepoeier, peperkorrels en 7 ml sout in ’n groot kastrol. Verhit dit tot kookpunt en gooi dan die uie en lourierblare by. Sit die deksel op en laat dit vir 10 minute prut.

3 Gooi koekmeel in ’n klein bakkie en voeg ’n lepel vol van die warm mengsel uit die kastrol daarby. Roer dit goed tot glad en roer dan die mengsel in die kastrol by. Laat dit kook en roer die mengsel tot dit effens begin verdik.

4 Bedek die bodem van ’n bak (nie van metaal nie) met ’n laag van die sous. Skep ’n laag gebraaide vis daarop en gooi nog sous oor. Herhaal die lae. Bedek dit goed en sit dit vir minstens ’n dag in die yskas voor dit geëet word. Dis die heel beste ná drie dae. Dié piekelvis sal vir tot ses maande in die yskas hou.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page