LEMOEN KOEK
- Marianne Jacoby
- Mar 8, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 8-10 mense Bereidingstyd: 15 minute Baktyd: 45 minute
125 g ongesoute botter 15 ml (3 e) lemoenskil 250 ml (1 k) strooisuiker 3 eiers 500 ml (2 k) bruismeel 125 ml (½ k) maas
LEMOENSTROOP sap van 3 lemoene 30 ml (2 e) heuning 4 kardamompeule, gekneus
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer dit met bakpapier uit. 2. Klits die botter, lemoenskil en suiker sowat 2 minute saam tot die mengsel dik en romerig is. 3. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel en maas sagkens in tot net gemeng. 4. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 45 minute of tot goudkleurig en ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word. Haal uit die oond, prik gate oral oor die bokant en laat koel af. 5. Lemoenstroop Laat prut die bestanddele in ’n klein kastrol tot die heuning opgelos het. Laat effens afkoel en giet dan oor die koek. Sit voor.
コメント