'n Dankbare hart
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 8, 2016
- 1 min read

Daardeur gee jy ware erkenning aan God
Vir al die seëninge wat uit Sy Hand kom
Vir al Sy beloftes in Sy Woord
Wat in Hom ja en amen is
Vir al Sy Liefde wat die lewe
Die moeite werd maak.
Dit vervul jou hart met hoop
Hoop wat jou kan dra as jy moeg word
Dit bring ‘n verwagting in jou hart
Van beter dinge wat kom
Dinge wat in jou hart nie opgekom het nie
Wat Hy belowe het in Sy Woord.
Dit vervul jou hart met lofprysing
Aan ‘n God wat Almagtig is
Wat rigting gee en jou lewe beheer
Sy Wil is dat jy vreugde en blydskap sal ervaar
Wat die wêreld jou nie kan gee nie
Maar wat joune is in Christus.
Geskryf deur C. Dippenaar.
Comentarios