Tamatiebredie met Kruiekluitjies
- Marianne Jacoby
- Mar 8, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 1 uur 5 min. tot 1 uur 10 min.
750 g beesstowevleis (met been), in kleiner stukkies gesny sout en vars gemaalde peper 15 ml (1 e) olyfolie 2 uie, gekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 50 g tamatiepasta 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 4 x 250 ml beesvleisafreksel
KLUITJIES: 375 ml (1½ k) bruismeel 30 ml (2 e) gemengde gedroogde kruie 125 g botter, in blokkies gesny 1. Geur die vleis met sout en peper. 2. Verhit die olie en braai die vleis tot bruin. 3. Voeg die uie, knoffel en tamatiepasta by en roerbraai ’n paar minute. 4. Voeg die tamaties en aftreksel by en laat prut 45 min. of tot sag. Voeg nog water by, indien nodig; die bredie moet taamlik souserig wees. 5. Skep die bredie in ’n diep oondbak. Verhit die oond tot 200 °C.
Kluitjies: 1. Meng die bruismeel en kruie en vryf die botter daarby in. Voeg ’n bietjie water by sodat ’n stywe deeg vorm. 2. Breek stukkies van die deeg af en rol balletjies. Pak op die bredie, bedek met foelie en bak 20-25 min. of tot die kluitjies gaar is. Sit voor saam met rys. 3. Dié kluitjies is ook baie lekker op potjiekos. Sit die deegballetjies op die gaar potjiekos, sit die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is.
Yorumlar