WIE MOET JY VERKWALIK
- Kopie troos - Driekie Grobler
- Mar 8, 2016
- 1 min read

Nooit sal ons kan bepaal wat met ons gaan gebeur, of hoe ander teenoor ons gaan optree of wat hulle vir ons gaan sê nie, maar ons het altyd 'n keuse hoe ons dit gaan hanteer.
Vyandskap tussen mense in aan die orde van die dag. Menige misverstande ontstaan. Mense stel ons teleur, maak ons seer.
Hoe hanteer ons sulke aanvalle? Blameer ons die mens of die mag daaragter?
Effesiërs 6:12 "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug."
Die vyand is die stoker van al die onheil en ongelukkigheid. Blameer en bestraf hom in plaas daarvan om jou gramskap op die mens uit te haal.
"Here Jesus, help ons asseblief om sterk te staan teen die aanslae van die bose. Om nie die mens te verkwalik nie, maar die mag daaragter. Dankie vir die outoriteit wat U ons gee as U kinders om te kan heers oor die magte van die ware vyand. Amen."
Comentários