INGELEGDE KERRIE VIS
- The Rainbow Team
- Mar 10, 2016
- 1 min read

Bestanddele 1,7 kg Geelstert,Hake skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny Olie 6 Suurlemoenblare 6 Groot uie, in ringe gesny 750 ml Bruin asyn 250 ml Water 175 ml Suiker 12,5 ml Borrie 37,5 ml Kerriepoeier 25 ml Meelblom 8 ml Sout 12,5 ml Grofgemaalde peper 250 ml Sultanas (opsioneel)
Metode Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 – 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met ‘n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is.
Vul ‘n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.
Bron.Heerlike Resepte & Wenke
Comentarios