KERRIE BEETSLAAI
- The Rainbow Team
- Mar 10, 2016
- 1 min read

125 ml water 125 ml bruinasyn 200 ml suiker 750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny 1 groot ui – gekerf 5 – 10 ml kerriepoeier 2½ ml sout 30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee
Metode Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is. Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik. Bottel dit in gesteriliseerde bottels.
Comments