KERRIE KOOL
- The Rainbow Team
- Mar 10, 2016
- 1 min read

1 kg kool gekerf 2 uie, in ringe gesny 375 ml hoenderaftreksel 2 knoffelhuisies, fyngedruk 250 ml asyn ¼ koppie suiker 5 ml sout 5-10 ml kerriepoeier knippie rooipeper 2 teelepels heel swart peperkorrels 15 ml mielieblom gemeng met bietjie water
Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel vinnig kook tot net gaar. Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper. Voeg by die kool en laat net opkook. Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat afkoel en bottel.
Comments