✞ ✞ ✞ `N VRYWILLIGE GEVANGENE ✞ ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Mar 11, 2016
- 3 min read
. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref nie Psalm 91: 9 & 10 . ‘n Jong soldaat het tydens die Tweede Wêreldoorlog manalleen, ‘n groep Japannese gevange geneem en na sy basis gebring. Hy wou die medalje wat aan hom toegeken is nie aanvaar nie. Hy het sy rede gegee: “Ek en vyf van my maats is deur die Japannese gevange geneem,” het hy vertel. “Hulle het ons met gevelde bajonette teen ons rug, deur die oerwoud laat marsjeer. Ek moes aanskou hoe my maats een na die ander gedood is. Ek het Psalm 23 opgesê. Ek het die Onse Vader opgesê. Ek het God geken, deur my geloof in Jesus Christus, maar dit was ‘n moeilike tyd. Sterwe moes ek, maar ek was vasbeslote om my gevangenemer nie te laat sien hoe bang ek was nie. Bewende van kop tot tone, terwyl ek tot oor my enkels in die modder marsjeer, met die punt van ‘n bajonet teen my rug, het ek begin fluit, soos ek as ‘n seuntjie gedoen het, wanneer ek in ‘n donkerstraat moes afloop. . Ek het gefluit: ‘Ons kom saam en bid om die Here se leiding; Sy wil en sy weg maak Hy spoedig bekend. Die bose verdrukking,slaan oor in verrukking! Loof God wat sy kinders bewaar tot die end.’ . Ek kom agter iemand anders fluit saam met my – dit was my Japannesegevangenemer. Hy trek sy geweer terug en kom loop langs my. Ek ruk soos ek skrik toe hy in goeie Engels sê: ‘Ek kan nooit ophou om die Christelike liedere te bewonder nie.’ ‘n Kort gesprek bring aan die lig, hy het Engels geleer in ‘n sendingskool waarvoor ek ook al bygedra het. Hy praat van die oorlog en hoe moeilik dit vir die Japannese Christene is. Ons praat oor ons huise en ons families. Hy dwing my stadigaan weg van die ander af en na ‘n rukkie is ons alleen in die woud. Op sy voorstel kniel ons in die modder en bid saam vir die lydende mensdom en almal, wat as gevolg van die wrede oorlog, swaarkry en ons eie behoeftes. Ons staan op van ons knieë af en omhels mekaar vir ‘n oomblik van broederskap. Hy stel voor ek moet hóm nou gevange neem en na die naaste Amerikaanse basis neem. Hy weet waar ander Japannese Christene skuil. Hy neem my na hulle skuilplekke toe. Nooit sal ek die hoop en blydskap vergeet, wat in hulle oë gekom het toe my vriend hulle een vir een vertel, hoe ons mekaar gevind het en waarheen ons hulle nou wou neem nie. Die hele pad het ons oor Christus gesels en hoe ons saam vir Hom moet lewe, al behoort ons aan twee vyandige volke. Toe ons naby die kamp kom, trek almal hulle gesig suur en donker en ek, met die Japannees se geweer in my hande, marsjeer hulle die kamp in. Ek verdien dus nie hierdie medalje vir daardie wonderlikste ervaring van my lewe nie.” . As ons in al ons omstandighede naby God bly, Hom bely, Hom vertrou, bring Hy vir ons oorwin¬nende uitkoms – bo wat ons verwag het. Dit is vir my wonderlik om te dink dat God gesorg het vir sy kind en wat vir dáárdie Japannees, wat ook die Here se kind was, as sy wag laat optree het. Daar is geen einde aan die wonderlike maniere waarop God vir sy kinders sorg nie. Ons mag gerus wees.
Comments