GEMMERTRUFFELS
- BRON – HUISGENOOT
- Mar 11, 2016
- 1 min read

LEWER 30-40 TRUFFELS Bereiding: 10 min. Verkoel: 30 min.
2 x 40 g-pakkies gemmerkoekies 200 g bosbessies, grof gekap 1 blik (385 g) kondensmelk 300 g donkersjokolade groen en sjokolade-vermicelli-strooisels
1. Druk die koekies fyn. 2. Meng die koekies, bosbessies en kondensmelk in ’n groot bak. 3. Skep die mengsel met ’n 15 ml-maatlepel uit sodat die truffels ewe groot sal wees. 4. Maak jou hande met water nat en rol elke lepel vol van die mengsel in ’n balletjie. 5. Vries 30 min. 6. Smelt die sjokolade en doop elke balletjie in die sjokolade. 7. Bestrooi met die strooisels en laat hard word.
Bình luận