ONDER GOD SE BESKERMING
- Koppie Troos - Driekie Grobler
- Mar 11, 2016
- 1 min read

Wat 'n groot troos om te weet dat al is omstandighede hoe onseker en ongunstig, ons God lewe en groter is as enigiets in die wereld. Onder Sy beskerming is ons veilig en beskut.
Psalm 37:1-8 "Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende."
"Here, dankie vir die versekering dat ons in enige omstandighede op U kan vertrou. Amen,"
Comments