BALSAMIESE GROENBOONTJIES
- The Rainbow Team
- Mar 14, 2016
- 1 min read

250 g groen boontjies, in stukkies gesny
75 g uie, fyn gekap
45 ml olyf olie
30 ml balsamiese asyn
40 g okkerneute, fyn gekap
sout en peper na smaak
Stoom die boontjies tot net gaar in bietjie soutwater. Dreineer en laat eenkant. Verhit 5 ml van die olyf olie in die kastrol en braai die uie tot gaar. Voeg die boontjies, die res van die olyf olie en asyn by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Skep uit in 'n opdienbak en sprinkel die neute bo-oor. Bedien warm.
Comments