GEROOMDE BROCCOLI
- The Rainbow Team
- Mar 14, 2016
- 1 min read

500 g broccoli, gaar en in klein stukkies gesny
180 ml room
250 g room kaas
sout, varsgemaalde swart peper en Italiaanse speserye na smaak
50 g cheddar kaas, gerasper
Plaas die broccoli in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Klits die room, roomkaas en geurmiddels saam en gooi dit oor die broccoli. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Bedien warm.
Comentarios