GEURIGE BRUSSELSE SPRUITE
- Amke Fourie
- Mar 14, 2016
- 1 min read

500 g vars Brusselse spruite
Sous:
125 ml gewone joghurt
15 ml mayonnaise
10 ml Dijon mosterd
Sny 'n kruisie aan die onderkant van elke Brusselse spruit.
Plaas in 'n vergiettes oor kookwater.
Bedek en laat stoom vir ongeveer 10 minute of tot sag.
(Jy kan dit ook in 'n "food steamer" sag stoom as jy een het.)
Meng intussen die joghurt, mayonnaise en mosterd saam in 'n klein kastrolletjie, en verhit - moenie dat dit kook nie.
Bedien met die Brusselse spruite.
Komentari