SALM SKORSIES
- The Rainbow Team
- Mar 14, 2016
- 1 min read

2 skorsies
1 groot eier
125g ricotta kaas
50g gerookte salm
120g Kaas Sous
5ml droë origanum
1 knoffelhuisie
80g cheddar
Sny die skorsies en stoom tot gaar.
Maak die vulsel: Meng die eier, ricotta, salm, kaas sous, origanum en knoffel saam. Mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Verwyder skorsies en skep pitte uit. Verdeel vulsel tussen skorsies en sprinkel die kaas bo-oor. Bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 10 minute tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.
Comentarios