SOMER PIESANGSLAAI
- Rista Greyvenstein
- Mar 14, 2016
- 1 min read

Hierdie is nou wraggies lekker, veral as dit so 'n dag gestaan het (sonder die piesangs). Sny die piesangs by net voor jy dit opdien. Ons eet dit altyd sonder die piesangs.
Sny 10 piesangs in ringetjies voeg 1 blik vrugtekelkie [dreineer] of 1 blik perskeskywe (gedreineer en in die helfte gesny) by, 1 botteltjie piccalili, 1 blikkie kondensmelk, 1 E suurlemoensap en ‘n knippie sout.
Roer goed deur en skep in slaaibak. Plaas in yskas tot nodig.
Comments