Vyfboneslaai
- The Rainbow Team
- Mar 14, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense Bereiding: 15 minute staantyd: 1 uur
SLAAISOUS 80 ml (¹∕³ k) olyfolie 30-45 ml (2-3 e) balsemieke asyn 15 ml (1 e) bruinsuiker 5 ml (1 t) sout 10 ml (2 t) heelkorrelmosterd 1 knoffelhuisie, fyn gedruk 1 bossie grasuie, fyn gekap 1 klein rooi ui, fyn gekap
SLAAI 4 blikke (410 g elk) vierbonemengsel, gedreineer 250 g groenbone, geblansjeer 1 groen soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny 1 pak (30 g) roket 1 wiel (30 g) fetakaas, in growwe stukke gebreek
SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam en hou eenkant. SLAAI Meng die bone en soetrissie. Giet die slaaisous oor. Laat minstens ’n uur staan. Plaas die roket in ’n bak, skep die bonemengsel bo-op en sprinkel die feta oor.
Comments