Emosies bekoor
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 15, 2016
- 1 min read

Ek ruik die nat van grond,
wat spoortjies reën
drupsgewys
deur dorre denke
stoot;
proe die smaak van vreugde,
wat baldadig ontsproei;
met verlange
na kindwees
lank reeds ontgroei;
ek voel die klam
wat kielie deur onthou,
afrol teen my wang
om vergete gisters
se drome te ontvou;
tuur deur newels dig
soekend in my roep
na die weerklank
om dit wat my emosies
só kon bekoor
verewig in my hart
te kom stoor.
©Driekie Grobler
コメント