FOKUS DIGTER - Jeanette Nel le Roux
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 15, 2016
- 1 min read

MLXLS

Waarheen neem ek dán die blomme
antieke winde loop ligvoets in die leë begraafplaas waar afgestorwenes in vergetelheid leef met plastiek blommekranse en vals grafskrifte wat getuieloos eggo
en tog
tog gaan die lewe voort om te leef
soos die mens is die liefde - feilbaar kwesbaar sterflik
maar ek wonder
na watter graf neem ek dán die blomme
JEANETTE NEL LE ROUX Kopiereg voorbehou
Komentáře