GEROOMDE SPINASIE MET FETAKAAS
- Amke Fourie
- Mar 14, 2016
- 1 min read

BENODIG:
500 ml basiese kaassous
1 x 500 g-pak gevriesde spinasie, ontdooi
1 x 225 g-houer fetakaas, gedreineer
sout en swartpeper na smaak
MAAK SO:
1. Meng die kaassous en spinasie in ‘n kastrol en laat goed warm word oor lae hitte. 2. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Sit warm voor as bykos by enige vleisgereg, of gebruik as vulsel vir pannekoek.
Comentários