top of page

Groenteslaai en worsballetjies

  • Deur Huisgenoot
  • Mar 15, 2016
  • 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereiding: 15 minute Gaarmaaktyd: 30 minute

GROENTE EN WORSBALLETJIES 750 ml (3 k) van ’n verskeidenheid groente soos geskilde botterskorsie, patat, murgpampoentjies, rooi soetrissies, uie en mielietjies, in klein blokkies gesny 6 heel knoffelhuisies ’n bietjie olyfolie geurselsout 1 pak boerewors, vleis uit die velletjie gedruk en in klein balletjies gerol

SLAAISOUS 10 ml (2 t) korrelrige mosterd 30 ml (2 e) witwynasyn 45 ml (3 e) olyfolie knippie suiker gerasperde skil van 1 suurlemoen

KOESKOES 250 ml (1 k) koeskoes 45 ml (3 e) gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n oondpan.

GROENTE EN WORSBALLETJIES Meng die groente en knoffel met die olyfolie, sprinkel geurselsout oor en pak in ’n enkellaag in die oondpan. Pak die boereworsbolletjies tussenin. Bak tot net gaar.

SLAAISOUS Meng al die bestanddele van die slaaisous. Giet die helfte oor die warm groente en laat effens afkoel.

KOESKOES Giet 250 ml (1 k) kookwater oor die koeskoes en laat staan tot uitgeswel. Vlok met ’n vurk.

Skep die koeskoes in ’n bak, meng die groentemengsel deur en sit voor met die orige slaaisous. Garneer met pietersielie.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page