Pasta-en-tunaslaai
- deur Melissa Pecoraro
- Mar 14, 2016
- 1 min read

(4 porsies) porsiegrootte: 1 skep ± 275 g
100 g rou durumkoring-pasta 1½ x 170 g-blik tunastukke in pekelwater (± 225 g gedreineer) 215 g-blik ertjies, gedreineer OF 150 g bevrore ertjies, met kookwater afgespoel 160 g rooiskil-appel, ontpit, met skil in blokkies gesny 100 ml Crosse & Blackwell Trim-slaaisous 50 ml ongegeurde, vetvrye jogurt 20 g (4 halwe) pekanneute, gekap gekapte vars pietersielie
Kook pasta vir 8 – 10 minute tot gaar, maar nie pap nie. Dreineer en verkoel. Vlok tuna. Voeg tuna, ertjies en appelblokkies by die koue gaar pasta en meng liggies. Meng slaaisous en jogurt en giet dit oor tunaslaai. Strooi pekanneute en pietersielie oor. Verkoel en sit voor.
VARIASIES EN OPMERKINGS:
Wissel die tuna af met sardiens, sardyne of salm. Gerookte donkervis-soorte soos snoek en gerookte forel kan die tuna vervang, maar hou in gedagte dat die sout(natrium)- inhoud van die gereg hoër sal wees. Donker vissoorte se mono- en poli-onversadigde vetsure en veral die omega 3-vetsure is besonder hoog en voordelig omdat ons hedendaagse dieet dikwels te min van dié voedingstowwe bevat. Die ertjies kan vervang word met stukkies broccoli wat vooraf in kookwater geblansjeer en in yswater afgekoel is.
Comments