Piesang-en-uieslaai
- Deur Huisgenoot Digitaal
- Mar 15, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 20-30 minute Gaarmaaktyd: 10 minute
20 ml (4 t) botter 3 uie, in ringe gesny 750 ml (3 k) kookwater 30 ml (2 e) koekmeel 30 ml (2 e) geroosterde kerriepoeier 5 ml (1 t) mosterdpoeier 125 ml (½ k) water 125 ml (½ k) witwynasyn 3 ml (ruim ½ t) sout 3 ml (ruim ½ t) peper 45 ml (3 e) bruinsuiker of 50 ml gouestroop 8 piesangs 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny (opsioneel)
Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag. Voeg die kookwater by. Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie. Roer gedurig tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel. Sny die piesangs in skyfies en voeg by sous. Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.
Comments