Warm Koringslaai
- JF van der Westhuizen en Lorraine Swanepoel -
- Mar 15, 2016
- 1 min read

Porsies: 6
Halwe pakkie (250 g) koring 120 g neute ( kasjoe, macadamia en amandels) 10 ml fyn komyn 250 ml muskadel 100 g sultanas 100 g gedroogde appelkose 60 ml heuning 7,5 ml sout
Instruksies 1. Plaas die koring in ‘n medium-groot kastrol. Bedek met water en kook tot gaar, ongeveer 45 minute 2. dreineer die koring en hou eenkant. 3. Rooster die neute en komyn in ‘n warmpan totdat die neuter mooi goudbruin is. Plaas die mengsel in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n growwe broodkrummel tekstuur. Voeg neuet by die koring en meng goed deur. 4. plaas die muskadel in ‘n klein kastrolletjie en bring tot kookpunt. Voeg die sultanas en appelkose daarby en laat prut vir 5 minute. Haal van die hitte af en laat vir ± 20 minute staan sodat die vrugte kan swell. 5. Sny die appelkose in dun repies. Meng die vrugte en Muskadel-mengsel by die koring in. Voeg die heuning en sout by en meng goed deur. Bedien saam met lamsvleis soos kroonbraad.
Comentários