top of page

DANKBAARHEID

  • Koppie Troos - Driekie Grobler
  • Mar 16, 2016
  • 2 min read

Vandag wil ek net uit ‘n opregte hart, baie dankie sê aan my Hemelse Vader, vir al die guns en seën wat ek so mildelik uit Sy hand ontvang.

Die jaar is al klaar so bedrywig, met soveel wat gebeur en moet gebeur. Van tyd tot tyd is dit nodig vir introspeksie. Vir herorganiseer en prioriteite weer in plek kry.

Maar deur al die chaos bly God getrou aan Sy beloftes.

Ek kan nie verstaan dat daar mense is wat aan Hom twyfel nie. Wat hulle lewe sonder Hom kan en wil waag nie.

My lewe sou beslis doelloos gewees het sonder Hom. Hy is die rede vir ons opstaan elke dag, vir uithou en aanhou, want Hy alleen is die Voorsiener van ons krag en uithouvermoë.

Niks wat ons bereik in hierdie lewe, kom uit eie menslike swakheid nie, daarom moet ons gal die lof en eer aan Hom tee, wat dit toekom.

Hy rig en lei ons, rus ons toe met die nodige wysheid en insig, maak paaie gelyk vir en maak ons voete soos die van ‘n Ribbok. Hy neem ons op hoë plekke, en hou ons vas dat ons nie swik of val nie.

By Hom vind ons skuiling en vertroosting, Aanmoediging wanneer ons moedeloos wil word.

Sy genade is standhoudend, Sy liefde onvervangbaar. Sy vrede opreg.

Om in Hom te glo, en Hom te dien, is deur en deur die moeite werd.

Hy leer ons die regte weë in sy Woord, vermaan ons as ons op afdraaipaaie gaan, waarsku wanneer gevaar dreig.

Sonder Hom is ons niks.

“Dankie, my Hemelse Vader vir soveel genade en liefde oor ons uitgestort. Hou ons asseblief nederig, sodat ons altyd gewillige, beskikbare instrumente in U hand sal wees. Stuur ons waar U ons nodig het, want ons weet, U sal ook daar wees. Amen.”

Mag julle ‘n wonderlike dag hê :)

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page