Skadu's van lig
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 16, 2016
- 1 min read

Die vlam se glans
skadu magtig die hand
wat donker flets
teen bleekwit
van die onmag-muur
wat sugtend protesteer -
deur pyn en ongemak
verduur
flou skyn die lig
wat mag verleen,
vlerke gee
aan fladderende
verbeeldingsvlug
in vlam se brand
oorkoepelend skaar -
‘n flikkerdans
wat onmag paar
druppend die was
van magsbeheb,
losgewoel uit denke onvanpas
met leë beloftes
wat eens
(dalk) waar was -
die kers se vlam
flikker flou
weerkaats hande wat
staccato dans
rukkerig geflans
deur na-nag se blou.
se blou.
©Driekie Grobler
Comentarios