Wanneer storms woed
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 29, 2016
- 1 min read

Soms voel ons so af en gedaan.
dan is dit moeite om regop te staan,
voel of als wil vergaan
en energie langsaam taan.
Soos die knieë knak
en ons grond toe sak,
voel dit of die lewe oppak
en ons gou sit in as en sak.
Dan kyk ons op en sien Sy hand
‘n liefde vir ons verpand
besef opnuut Hý hou alles in stand
en sal ons nie laat vergaan in stormsand.
Hy tel ons telkens op
suiwer weer die hart en kop
laat ons van Sy vrede volstop
en verseker ons, niemand is ‘n flop.
©Driekie Grobler
Comentarios