Die wil van die Here
- Koppie Troos - Driekie Grobler
- Mar 31, 2016
- 1 min read

Ons wil so graag mense probeer oorreed om te doen en te dink soos ons. Sodra hulle anders optree raak ons ontsteld en ontaard dit baie maklik in 'n struweling. Wie is dan nou eintlik reg en wie verkeerd?
Niemand, is die antwoord. Ons is individue wat elkeen uniek dink en handel, grootliks uit die invloed en voorbeeld wat ons van kleins af gekry het.
Kom ons aanvaar mekaar net soos ons is. Leer om te luister na mekaar se hart. Bêre die vergrootglas waarmee jy na ander kyk en haal 'n slag die spieël uit.
Handelinge 21:14 "Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: "Laat die wil van die Here geskied."
Ons moet ophou inmeng in die wil van die Here, en eerder met God oor die verskille praat.
Verdraagsaamheid en liefde is immers die spil waarom goeie verhoudings draai.
"Dankie, Hemelse Vader, vir U insig en wysheid. Dankie dat ons weet U is altyd in beheer. Help ons om mekaar se verskille in liefde te verdra en te aanvaar. Amen."
Kommentare