Liefde onbeperk
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 31, 2016
- 1 min read

Só lief het U my gehad
dat geen wêreldsmaad
‘n inpak kon hê
op dit
wat U so duidelik
aan my kom sê.
Met bloed deurdrenk
Uself gegee
as die grootste geskenk
om my vry te spreek
as nietige mens
om die sondeband
te
breek.
Nou is ek rein gewas
nie meer deur
aardse sonde belas
los van die ketterklank
wat my menswees
vermink en vermank.
Dankie, Heer!
©Driekie Grobler
Kommentare