BEESVLEISPASTEI
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

1,5kg bees- of skaapskenkels sout en swartpeper olie 1 ui, in ringe gesny 3 knoffelhuisies, gekneus 7 heel peperkorrels 1 lourierblaar 2 heel naeltjies, effens gekneus 1 ml droë tiemie 250 ml warm vleisaftreksel 4 medium aartappels, in blokkies gesny 200 g sampioene, in skywe gesny koekmeelblom om die sous mee te verdik
Kors:
240 g koekmeelblom 10 ml bakpoeier 2 ml sout knippie neutmuskaat 50 ml gekapte pietersielie 100 m botter ongeveer 150 ml melk
Geur vleis liggies met sout en swartpeper en braai bietjie vir bietjie bruin in verhitte olie. Skep uit. Soteer ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg naeltjies en peperkorrels by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Plaas vleis terug in die kastrol, voeg lourierblaar en tiemie by, giet vleisaftreksel oor, verlaag hitte en prut tot die vleis amper sag is. Voeg aartappels asook sampioene by en prut tot aartappels ook sag en gaar en vleis souserig is. (Voeg meer warm vleisaftreksel by indien vleis droogkook en verdik dan sous met koekmeelblom indien nodig.) Skep vleismengsel in ´n oondvaste bak. Voor verhit oond tot 180 grade C (350grade F). Sif koekmeelblom, bakpoeier, sout en neutmuskaat saam. Voeg pietersielie by en vryf botter met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Voeg net genoeg melk by om ´n sagte deeg te vorm. Meng met ´n slaplemmes tot net gemeng. Rol liggies uit op ´n meelbestrooide oppervlakte tot ongeveer 1,5 cm dik. Druk skons met koekdrukker uit en plaas bo-op die vleis. Bak sowat 20-25 minute lank tot die skons ligbruin en gaar is.
Genoeg vir 6 mense.
Comments