top of page

Cotahuasi Nuusbrief 31 Maart 2016

  • Stefan Walters
  • Apr 6, 2016
  • 5 min read

Liewe familie en vriende Die reën bring modderstortings Fotos: 1) Modderstorting dring straat binne, 2) Tomepampa se hoofstraat, 3-4) Die pad na Cotahuasi geblok deur die modder (ongeveer 200m vanaf ons huis).

Dit is reënseisoen hier in die Canyon en ons het bitter min reën gehad in vergelyking met ander jare. Een middag laat, terwyl ons besig was om agter in die tuin te werk, hoor ons skielik histeriese stemme van mense naby wat skree "corre corre" wat beteken, "hardloop, hardloop". Aanvanklik het ons gedink iemand in die lande het ernstig seergekry. Naby ons huis is 'n heuwel (so 50 m weg) en bo op was daar nou sowat 30 mense wat die ongeluk staan en toekyk (of so het ons gedink). Later het ons egter uitgevind dit was 'n naderende modderstorting wat reguit op pad was na ons groepie huise toe en die "toeskouers" het gevlug na die naaste veilige plek. Die modderstorting het afgekom op twee verskillende plekke in Tomepampa, die ergste modderstorings sedert die 70's. Drie huise is heeltemal weggevee deur die enorme modderkrag en 9 ander huise is erg beskadig en/of gevul met modder en vervalle gelaat. Die skade was wydverspreid en die gevolge van die modderstorting sigbaar van hoër op in die berge. Baie gesaaide lande is gevul met modder en die oeste vernietig. Ons dank die Here dat ons daardie middag beskerm is teen die naderende modderstorting wat op pad was in ons rigting. Ons het later die bewyse gesien van hoe die modderstorting op onverklaarbare wyse gestuit is en van rigting verander het. Die modder het die rivierloop se banke oorspoel en was aanvanklik direk na ons groep huise en straat op pad maar is op wonderbare wyse gestuit deur Bloekombome (sommige platgevee deur die enorme krag van die modderstorting) en rotswalle.

Daar was ook 'n tweede modderstoring twee dae later teen 5:00nm en ons moes noodgedwonge vlug in ons voertuig. Ons het een gelowige vroutjie en haar kleinkind (in die harde reën) saam met ons na veiligheid geneem tot die gevaar verby was. Ons gemeentetjie in Tomepampa het die drie families wat hulle huise en besittings verloor het genooi om een oggend 6 uur na ons huis toe te kom. Ons kon 'n boodskap van bemoediging uit die Woord met hul deel, vir hulle bid, vir elkeen 'n Nuwe Testament gee en ook finansieël bydra om te help om kosvoorraad te koop. Bid asb vir Nora en haar man, vir Margarita en ook vir Martien en Virginia dat hulle hul vertroosting in die Here sal vind en Hom erken as die enigste Redder. Een van die gelowige families was ook in lewensgevaar tydens die modderstorting aangesien hulle huis aan een kant aan die rivier grens en die modderstoring aan die ander kant verbygekom het. Die modder het hulle huis se patio binne gedring en letterlik by hul slaapkamer se drumpel gestop (deur die Here se genade is niks beskadig nie).

Byeenkomste in Taurisma

As die Here 'n geleentheid skep om Sy Woord te deel moet 'n mens dit met alle mag aangryp. Ons wou al vir 'n wyle 'n dorpie Taurisma (skuins oorkant die rivier van Tomepampa) besoek aangesien ons weet van ten minste een gelowige daar - 'n bejaarde vroutjie. Maar die laaste tyd het ons verskeie mense van Taurisma in ons bakkie opgelaai. Baie van hulle het aangedui dat hulle graag na 'n Bybelstudie toe wil kom en gevolglik was ons opgewonde om ook in Taurisma te begin met Bybelstudies. Taurisma se brug is 10 minute se ry vanaf Tomepampa en daarna is dit nog 'n 20 minute te voet tot by die dorpie. Die Skoolhoof van die klein laerskooltjie woon ook die byeenkomste by en hy is baie geinteresseerd om meer te leer. Daar is so 15 kinders in sy skooltjie en hy het ons genooi om asb. met hulle te kom deel oor die Bybel. God is so goed om hierdie geleentheid te skep in 'n Rooms Katoeliek-beheerde omgewing. Bid asb. vir die byeenkomste hier en dat ons binnekort met die kinderbediening in die skooltjie kan begin.

Fotos: 1) Besoek hermana Rosa in Visbe, 2) Rosa wat baie siek is met Scleroderma, 3) Bybel Seminaar in Cotahuasi, 4) Kinderbediening tydens Bybel Seminaar.

Ontmoeting met 'n stom man

In Locrohuancca is daar 'n man van omtrent 40 jaar oud wat ook stom is. Ons het hom al by 'n paar geleenthede gesien maar aangesien sy kommunikasie nie verstaanbaar is nie (hy kan slegs klanke en onverstaanbaare gesigsuitrdukkings maak), kon ons nie 'n sinvolle gesprek voer nie. Een dag na my besoek aan Locrohuancca en net voordat ek vertrek, daag hy by die voertuig op. Nadat ek probeer sin maak uit sy vreemde gesigsuitdrukkings en klanke wonder ek by myself of hy dalk maar net wil bedel vir geld of kos. Na 10 minute van geduldig luister en probeer om 'n gesprek te voer, sonder sukses, skakel ek gefrustreerd die voertuig aan om te ry. Maar die Here openbaar net daar vir my in my gewete dit is verkeerd en ek klim uit die voertuig en bid net daar vir die man. Terwyl ek vir hom bid kan ek voel hoe God Sy liefde vir die man ook in my hart sit. Daar is vir die eerste keer 'n glimlag op sy gesig toe ek hom 'n druk gee. Dan begin hy weer vir iets vra, maar hy wil nie die kos, geld of die Bybel hê wat ek hom aanbied nie. Vir een of ander rede bied ek hom 'n Quechua lofsang boekie aan en onmiddellik het hy 'n breë glimlag op sy gesig. Ek het nie verstaan hoekom nie. Maar hy spring sommer onverwags in my voertuig net toe ek wil ry en 2km buite Locrohuancca laai ek hom weer af toe hy aandui dat hy wil afklim. In my sy-spieëltjie kon ek sien hoe hy terugloop na Locrohuancca toe terwyl hy aandagtig sy lofsang boekie lees. Bid asb. vir wysheid hoe om hom te bereik vir Christus. Kinder byeenkomste in Locrohuancca

Locrohuancca is een van ons gunsteling dorpies wat betref byeenkomste met die gelowiges. Maar hierdie byeenkomste is normaalweg gerig op die volwassenes alhoewel daar gewoonlik 'n paar kindertjies teenwoordig is. Corné het nog altyd 'n groot begeerte gehad om kinderbyeenkomste hier in die klein bergdorpie te begin. Maar sy het ook 'n groot behoefte aan hulp aangesien Estian op 'n besige ouderdom is en baie aandag verg omdat hy rondhardloop. Een van die gelowiges, Patty, is gewillig om uit te help en gevolglik kon hulle onlangs wel hul eertste amptelike kinderbyeenkoms hê in Locrohuancca. Almal het dit terdeë geniet en die gedagte is om in die toekoms gereeld byeenkomste hier te hê. Kinders word dikwels alleen gelos om vir hulleself te sorg van vroeg oggend tot die aand terwyl die ouers in die lande werk. Kinders is baie verwaarloos en dit skemer deur in hulle soeke na liefde. Bid asb vir Corné en Patty vir hulle toekomstige kinderbediening hier. Fotos: 1) Locrohuancca Bybelstudie byeenkoms, 2) Locrohuancca kinders kleur Bybelprente in, 3-4) Locrohuancca, geleë op 3200m bo seespieël

Dank die Here saam met ons vir Stephan se Peruviaanse residensie dokument wat onlangs goedgekeur is na 3 maande en vir God se beskerming tydens die modderstortings. Bid asb saam met ons vir die krisis rondom die swak Rand teenoor die VSA Dollar en die implikasie op ons maandelikse ondersteuning. *Vir ons gesondheid as 'n familie. *Vir die Bybelstudie byeenkomste wat onlangs begin is in 'n nuwe dorpie (Taurisma). *Vir die Tomepampa kinderbyeenkomste wat ons graag binnekort weer wil begin. *Vir Stephan vir die aanleer van Quechua (Quechuata munay yachashani).

Dankie dat U deel is van hierdie bediening en een is in gebed met ons.

Skryf gerus vir ons by stephan.walters@sim.org of per Whatsapp by +51 986688727 indien U enige vrae het of dalk gebedsversoeke het sodat ons dit ook aan die Here kan opdra.

Liefde van Stephan, Corné, Cordia(4) & Estian(2)

Bankbesonderhede: Standard Bank,

Blue Route Tak,

Takkode 025 609

Rekening Naam: SIM Southern Africa,

Rekening Nommer 072 877 014

VERWYSING ASB BV.: “DONATEUR SE VOORLETTERS EN VAN / Walters / Support

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page