EENVOUDIGE SAGO POEDING
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Na my mening is dit die heel beste mikrogolf sago poeding. Dis sponserig en heeeeeeeerlik en niks vooraf geweek nie.
BENODIG: 2 kop melk ½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie) 3 eetl botter 2 eiers geskei ⅓ kop suiker 2 ml vanielje geursel knypie sout appelkooskonfyt kaneel
MAAK DAN SO:: Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute. Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel. Mikrogolf 2 minute op 100%. Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in. Skep die mengsel in 'n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor. Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor
Comments