HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
Bestanddele vir die stywepap 4 koppies water 2 teelepels sout 2 eetlepels botter 2 ½ koppies mieliemeel
Metode: Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie. Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut. Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.
Bestanddele 250 g spekvleis – fyngekap 300 g sampioene, gekap ½ koppie room 250 ml gerasperde Cheddarkaas 1 blik heelpitsuikermielies varsgemaalde swartpeper ekstra gerasperde kaas
Metode: Maak stywepap en laat afkoel. Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan. Voeg sampioene by en braai liggies. Roer dan room, kaas, mielies en peper in. Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op. Strooi ekstra kaas oor. Bak so 30 minute teen 180 ˚C
Comments