KAAS EN HAM TERT
- Besige Huisvrou
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Bestanddele: 30 ml botter 30 ml koekmeel 10 ml gegeurde seesout 'n knippie rooipeper 5 ml droë mosterd 375 ml karringmelk 250 g ham, of weense worsies in dun repies 250 ml cheddar kaas, grof gerasper 30 ml fyn gekapte pietersielie 3 eiers, (geklits) pasteideeg (koop sommer by supermark)
Metode: Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220°C. Verhit die oond tot 180°C. Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte. Roer die karringmelk by en meng glad. Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte. Laat effens afkoel. Roer die ander bestanddele by. Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors. Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.
Comments