KAAS EN UIE QUICHE
- Johan
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Bestanddele KORS 200 ml meel 100g gesmelte botter 1 eier 1 koppie cheddarkaas, gerasper 1 teelepel bakpoeier
VULSEL 6 medium uie, in ringe gesny 1 koppie cheddarkaas, gerasper swartpeper
SOUS 100 ml room 1 eier sout
METODE KORS Meng al die bestanddele saam. Spuit 'n muffinpan met kleefwerendesproei. Voer elke holte uit met die deeg. Bak teen 180 grade vir 10 minute.
VULSEL Meng al die bestanddele saam, en plaas dit in die tertholtes.
SOUS Meng al die bestanddele, en skep dit oor elke quiche.
Bak teen 180 grade vir 15 minute. Bedien met slaai.
コメント