KERRIE-SOUTTERT
- Resepte en Wenke
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Kors : 250 g. margarien. 1 tl. bakpoeier. 2 kop. meelblom. 1/2 kop. kookwater.
Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.
Vulsel :
500 g. maalvleis. 1 groot ui, gerasper. 2 aartappels, gerasper. sout en peper.
Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eetl. klapper en 1 eetl. blatjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.
Comentarios